Banner 1

Banner 1
/////////////////////////////////////////////////////////////////////////////

Thursday 26 January 2012

Wyse man en sy Woord

~Tinus Pieterse 22 Januarie 2012


Glans en roer die stroom
van geslote gedagtes en die droom,
maan rimpels van die skoonheid
bewys die nag se kroon.

Wyse man en sy boot
leer van wysheid uit sy skoot,
bewe s' hande en die Stem
rook en wasem uit gestoot.

Smart dans in sy glas
en nog meer in sy tas,
Voel sy gemoed weer ligter?
Vers en Woord, wie is die Digter?

Skrif lees nou afgesluit
skink hy gal weer in sy skuit;
die man se wysheid: net 'n fluister
oor die water en in die duister.

Tuesday 17 January 2012

Freelance Portefeulje

Ek het onlangs op ‘n webtuiste geregistreer waarop jy freelance werk kan doen vir mense reg oor die wêreld. Dus het ek gou ‘n grafiese ontwerp portefeulje geskep om die werknemers te wys wat ek het.
My portefeulje bestaan uit, wat ek glo, van my beste en mees professionele werk. 

Ongelukkig is dit nie so baie as wat ek oorspronklik verwag het nie. Dis waarskynlik nadat ek my Grafiese Ontwerp loopbaan gelos het vir ‘n musiek een, dat ek glad nie meer so ‘n aktiewe amateur ontwerper is nie.

Geniet:

T - hemp ontwerpe:

Vir my neef se band gewees terug toe hy in COPA was

Vir my neef se band gewees terug toe hy in COPA was

Vir my neef se band gewees terug toe hy in COPA was

Ons Matriek hemde 2010

Gewese jeug groep, Parys 2008
Besigheidskaartjies:

Stok ou mock besigheidskaartjie

Gastehuis in Parys, Vrystaat
Fotografie en Photoshop:

Hiervan het ek hope van, maar vir die doel van die portefeulje het ek gebly met fotografie Photoshop edits.

Stok ou foto van Tanya Nel ~ harde Adobe Photoshop


Stok ou foto van Conradt van der Skyf ~ harde Adobe Photoshop

My pragtige meisie Colleen Helberg ~ Adobe Lightroom

  My pragtige meisie Colleen Helberg ~Adobe Lightroom


Adobe Lightroom


Colleen Helberg en suster~  Adobe Lightroom 

Colleen Helberg ~ Adobe Lightroom

Ek ~Adobe Lightroom


Logo en logo types:

Hierdie volgende klomp het ek hierdie week gemaak as mock logo's om my logo afdeling bietjie meer voller te laat lyk. So het ek die wonderlike Adobe Illustrator ontdek. Hierdie program het vir my nuwe oë oop gemaak vir ontwerp. Alhoewel dit nogal 'n pyn was om met te werk, glo ek op die vector afdeling is Coral die way to go. Gelukkig vir my is ek natuurlik 'n adobe patriot en het van scratch af geleer om Illustrator te gebruik. 

Mock logo vir my meisie se blog
Mock logo vir 'n klere lable
Mock logo vir my suster se blog
Logo vir my portefeulje
Nuwe DiKommentaar logo
Flyer en Poster ontwerpe:
'n Mock poster vir 'n college projek 2011

E-Flyer vir die finals van die Keg Battle 2011

Ons gewese gastehuis in Parys, Vrystaat 2011


Wednesday 21 December 2011

Macro Foto's


As 'n amateur fotograaf het ek gedink om met, wat vir my geklink het, die maklikste tipe foto’s te begin neem: Macro fotografie. Die kuns hierin is om interessante texture en om die klein details raak te sien en dit te vergroot.

Omdat ek maar slegs 'n mik-en-druk fotograaf op die oomblik is, (met ‘n duur kamera, let wel) het ek 'n handige e-boek gekonfronteer. (Close-Up and Macro Photography deur Adrian Davies)Nie dat ek die 200 virtuele blaaie van leerstof al deur geploeg het nie maar, het eerder besluit om dit my eie poging te gee:



My eie tuin, presiese koördinate: Onbekend...

Die Vaal rivier

Kon myself nie keer met hierdie oldies look nie

My eie tuin, presiese koördinate: Onbekend...

My eie tuin, presiese koördinate: Onbekend...

My eie tuin, presiese koördinate: Onbekend...

My eie tuin, presiese koördinate: Onbekend...


Vir die's wie meer braaf is, meer cap, geld en upcapped het, kliek op die foto's om hoër resolusies te sien.









Monday 19 December 2011

Onrus Gebed


~Tinus Pieterse 17 Oktober 2011


Rusteloos,
onbeperkte muse versadig my breinselle
wat deur my jeug besoedel was,
is.
Vir al die smarte van my oorspronklike
hart
word my gedagtes versmet, maar net
weer gevat.

Is daar.
Skaduwees teen plafonne, mure en
geeste en gatte
wat teen my af gevaar het
deur vrees en vlees verlate?
Ontwrig,
my eerder weer later, o
Vader
is die koeëlrond kring voltooi?

Tekens van my onrus geleidelik,
verrig?

As dit
is,
neem nie my hand
en lei my sommer nie oor die rant
waar gediertes my sal insluk van die kant
en,
vreemde blou vlamme my longe invlug
waar strawwe stukke my keel nie ontug.

Asseblief.

Neem my eerder diep by my ooglede in,
waar rooi riviere, geel-vorms en blou-gedagtes
danse bring,
ligte nag geluide oor my dromme saai
Waar,
maan winde duidelik  suid-noordelik
waai.

Sunday 18 December 2011

Warrel-nag-wind



 ~16 Oktober 2011 Tinus Pieterse

Laat die silwer-blou deursigtig word
na die skemerlig;
                maan en wolk om ons vou.

Laat wind en weer deur blare skeer
’n donker warrelwind bring;
                lug en vlug deur ons mou.

Laat ore rustig spits, ons luister
om nag geluid’ te hoor;
                fluit en skrop ons oordrom klop.

Laat ons sig geheimloos mik
verby grys-inkblou iris;
                vrees...
                                en vreug,
                                                ons in sluk.



Gedigte uit 2010


Ek het verlief geraak op poësie in my matriek jaar en die sal die eerste keer wees wat ek my gedigte publiseer./////////////////////////////////////////////////////////////\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\
Ek het so hard gewerk aan hierdie gedigte dat ek braaf genoeg was om te sê ek gaan 'n digbundel uit bring oor ses maande. Ongelukkig / gelukkig (hang af van my dig talent) het ek bietjie stoom verloor en ander projekte gesoek om my brein te stimuleer.


Foto uit my matriek jaar, ek glo dis gepas.


Die Begin en Einde ons ou maats.
~Tinus Pieterse 2010-07-31
  

Sal jy verstaan as ek dit sê?
Ons asem gemors op wat ander glo
en wat hul sing tog uit verlê -
misverstaan ons nog aan ons vermoë.

Dat alles wat vir ons so mooi
gedagtes eenders vir hulle selde -
beteken wat janrap ons nooi.
Is die eindstryd maar dieselfde?

Kies hy tog verkeerde pad
sal ons volg nog so verward -
en wat ons doen en sê: naïef.
Is vir ons die ewig’ dood gekies?

Al is uniek tog dieselfde -
ignoreer die Oud en volg jou helde.
Verveel ons aan die Woord so aards -
Die Begin en Einde ons ou maats.



  •  Temas: 
    • Geloof
    • Vermaak

}DieModerneGebod}
~Tinus Pieterse 29 Augustus 2010


Lief het ek poësie, en ook so musiek,
lief het ek haar, so is my triptiek .
Hemels is die roomys, al maak dit my siek,
val dit teen die aarde, stof en vloek verdriet.

Wil ek dít uitsê en wedersyds herhaal?
Bewyse aan duisende nie barmhartig betaal.
Moet ek rus, geniet ek tog werk,
binne ses dae sal ek my tuin nie kan bewerk.

So getrou bly ek, aan my pa en my ma,
en oumas en katte en honde daarby,
mag ek nie, my hond doodslaan:
byt hy kussings en gaste en my.

Nie sal ek my vroue verneuk,
steel ek tog, deur my oog se gleuf,
vang hulle my met my uitkykers rooi,
sal ek sweer: daar is net één nooi.

Hunker ek wat môre bring;
vergeet ek van gister se buie.
Blink my buurman se kar wat sing,
knyp ek my oë toe, en bid vir my eie.

  • Temas:
    • Geloof
    • Sonde
~Tinus Pieterse 30 Augustus 2010
{Die prysvansweet]

Spoeg en tou
die lewe vou
en sweet en kleef
aan stof wat leef
‘n buig ‘n steun
laas’ asem kreun
trek in, proes uit
profyt –
geen leun.

  • Temas:
    • Werk

       (VieR dag WeeK)
                               ~Tinus Pieterse 31 Augustus 2010

Een helder dag
twee son’ wat skyn
teen hemel-blik
aan blou verstik.

Blink donker nag
drie wolk’ verskyn
die maan skeur oop
vier maal die pyn.

Vroegmôre smag
oor grasveld plein
vyf voël’ wat sing
voor ses nog bring.

Sew’ kleure trek
die meeste mag
met son wat rek
en swaartekrag.



  • Temas:
    • Natuur
    • Tydsverloop


((Lisp Liefde))
~Tinus Pieterse 1 September 2010


Daar is geen einde;
grensloos my gees.
Onbeperkte lyne;
so sag nes vlees.
So is my hart gesien deur blou:
so sag-sag smoorverliefs
op jou.




  • Temas:
    • Liefde

Ver uit Parys.
~Tinus Pieterse - 5 September 2010


Ontbind alles wat Aarde is,
loop weg van als kunsmatig is.
Bring jouself in aangesig:
voor die hemelruim vol kraters is.

Neem ons na die Maan so ver:
heuwels van geen teer tog grys,
‘n langnaweek ver uit Parys,
waar tyd nie sny so skerp soos skêre.

Vertel my wat die Sterre is,
verduidelik met geen einde nie.
Wys my waar die seine is,
die lig wat in die verre gis.

Skryf dit op jou Hart’s gesag:
met ink wat nooit jou bloed sal vlek,
met die sagte lyne van jou nek,
en lippe warm vol van smag.




  • Temas:
    • Liefde
    • Avontuur
    • Fantasie
    • Hemelruim

Digters en gunsteling gedigte wat as inspirasie gedien het in hierdie tydperk was:

~Ernst van Heerden~







~N.P. van wyk Louw~




~D.J. Opperman~







Wat my deur die blog gekry het:
  • Wie's Bang
  • Marlboro Gold
  • My Russel&Hobbs waaier (Dis 36 grade buite)